
Hosted by Meloné van Heerden
Apartment
Plaastoe Gastehuis is 'n ideale oornagverblyf op 'n werkende skaapplaas net 8 km vanaf die N1 en bied gemaklike slaapplek aan 6 gaste. Die huis het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders, en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed vir kinders. Die tweede slaapkamer het 'n enkelbed en daar is ook 'n enkelbed in die sitarea. Die kamers deel 'n badkamer met 'n stort en bad en daar is 'n aparte toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring. Verder kan gaste in die sitarea ontspan en die yskas en tee- en koffiemaakgeriewe benut. Die eenheid is nie geskik vir selfsorg nie en daar is nie 'n kombuis of braaigeriewe beskikbaar nie. Die plaas het 'n dam waarin gaste kan swem en daar is verskeie voëlspesies, sowel as staproetes wat gaste kan verken. Aandete opsies (Bespreek asseblief minstens 6 ure voor etenstyd) Aandete met Nagereg Elke aand bied ek een ete-opsie aan, wat as ’n buffet voorgesit word. Kies asseblief een van die volgende opsies vir u groep: • Opsie 1: Skaapvleis bedien met rys, groente en slaai — R230 p/p • Opsie 2: Wildspastei bedien met groente en slaai — R200 p/p • Opsie 3: Bobotie bedien met geelrys, groente en slaai — R200 p/p Alle aandetes sluit nagereg in. Geen alkohol word bedien nie. Etes vir kinders onder 12 jaar is halfprys.
• Gebruik asseblief net die beddegoed, kussings en handdoeke van die beddens wat bespreek is. • Moet asseblief nie tasse of sakke op die beddens plaas nie. • Badhanddoeke is net vir gebruik in die eenheid, nie vir swem nie. • Skakel asseblief ligte, verwarmers en lugversorging af wanneer u uitgaan. • Geen rook in die huis nie. • Uitkloktyd: 09:00 • Rapporteer enige skade of iets wat nie werk nie, asseblief onmiddellik — dit help ons om dit gou reg te stel vir u en vir die volgende gaste. • Spoel net menslike afval en toiletpapier in die toilet af. • Maak asseblief seker dat alle uitstaande gelde betaal is voordat u Plaastoe Gastehuis verlaat. • Ons is in ’n waterskaars gebied — gebruik asseblief water spaarsamig. • Maak elke plaashek toe wat u oopgemaak het. As dit reeds oop was, los dit oop.
Before you reserve