
Hosted by Francois en Arina Scholtz
Cottage
Zebra Cottage is 'n ruim, toesluit-en-gaan, enkelverdieping selfsorghuis in Moreletapark, Pretoria, met pragtige uitsigte oor die Moreleta Kloof Natuurreservaat. Die eenheid bied slaapplek vir 4 gaste en bestaan uit 3 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n enkelbed, die tweede 'n driekwartbed en die derde slaapkamer 'n koningingrootte bed. Die badkamer is toegerus met 'n groot stort, toilet en wasbak. Die oopplan-leefarea sluit 'n sitkamer, eetkamer en kombuis in. Die kombuis is toegerus met 'n tweeplaatstoof, oond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware. 'n Ontbyttoonbank met 4 stoele is ook beskikbaar. Die sitkamer het gemaklike sofas en 'n koffietafel, terwyl die eetarea 'n tafel het met sitplek vir 4 gaste. Gratis WiFi, Chromecast en Netflix is beskikbaar. Franse deure lei na 'n patio met 'n ingeboude braai, vuurput en piekniektafels vir 4. Gaste het ook toegang tot die tuin. Veilige parkering word in 'n toesluitmotorhuis voorsien. Gaste kan geniet om in die Moreleta Kloof Natuurreservaat te stap. Zebra Cottage is gerieflik geleë tussen Mediclinic Kloof Hospitaal en Netcare Pretoria-Oos Hospitaal, en is ook redelik naby die SunBet Arena.
Ons vertrou Zebra Cottage aan ons gaste en verwag dat hulle die selfsorg-verblyf en gemeenskap se veiligheid en sekuriteit met die nodige respek sal hanteer. Nie meer as 4 persone word toegelaat nie. Geen diere en funksies word toegelaat by Zebra Cottage. Inkloktyd is vanaf 14:00 - 20:00 en uitklok is voor 09:00, rustige tyd vanaf 22:00 - 07:00. Stel ons asseblief 'n uur na inklok in kennis indien daar enige probleme met die verblyf is, sodat ons dit spoedig moontlik kan regstel. Laat ons toegang toe tot ons eiendom, sodat ons enige probleme kan uitsorteer. Geen fooie sal vereffen word, indien ons nie toegang kon kry om die probleem te kon uitsorteer nie. Kinders mag nie alleen gelaat word by Zebra Cottage nie. Die gas wat die bespreking gemaak het, word aanspreeklik gehou vir die gedrag en enige skade wat deur hul addisionele gaste of besoekers veroorsaak word. Gaste betree Zebra Cottage op hul eie risiko. Sou gaste nie die reëls na kom nie, sal ons hulle vra om die perseel te ontruim onder die toesig van ons sekuriteits maatskappy.
Before you reserve