
Hosted by Hester Charlotte van Zyl
Apartment
Ervaar hoe jou voorouers die Bo-Karoo beleef het en slaap in ‘n outentieke gerestoureerde ossewa! Ten volle toegerus met luukse linne, kook- en eetgerei, stoele, braaiplek, hout. NS. Net as jy murg in jou pype het.
* Adam se Uitspanning is geleë binne ‘n ekopark, waar die omgewing bewaar word. * Blus braaivleisvure en hou toesig oor kerse, lanterns en gasstowe om brande te vermy * Die meeste waens is meer as 'n eeu oud en moet versigtig en met respek hanteer word. * Moenie beddegoed uit die wa verwyder en dit buite gebruik nie. * Maak jou eie bed op en hou die omgewing netjies. * Gebruik asseblief eie swemhanddoeke. * Beskerm die septiese tenks deur omgewingsvriendelike seep te gebruik. * Gebruik water spaarsamig (die oumense wil dit drink). * Was asseblief jou eie skottelgoed en bêre dit weer waar jy dit gekry het. * Sorteer jou afval in die houers wat daarvoor beskikbaar gestel word. * Moenie diere, voëls, reptiele of insekte onnodig verwilder of doodmaak nie. * Moenie plante of blomme afpluk of uithaal nie. * Voertuie mag slegs op bestaande paaie ry. * Moenie klippe met klippe met gravures daarop optel of daarop probeer krap of dit verf nie. * Kom tot rus en gun dit ook vir ander gaste. As die son sak, sak die geraasvlakke ook. * Geniet die skoon lug, soek na die mooi in die vaal ou Karooland en sien die Skepper se hand in die sonsondergang en uitspansel raak.
Before you reserve