
Hosted by Hybre Kirsten
Villa
Zeezicht Villa is in Jacobsbaai tussen Vredenburg en Saldanha geleë. Hierdie pragtige huis wat 100 m van die strand af geleë is, bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 ruim slaapkamers en 4 badkamers. Daar is ook 'n gastebadkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n instapstort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, 'n dubbelwasbak en 'n toilet. Hierdie 2 slaapkamers bied direkte toegang tot 'n balkon met 'n see-uitsig. Daar is 'n derde badkamer op die boonste verdieping en die kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is nog 2 slaapkamers waarvan een 2 driekwartbeddens het en die ander een 'n dubbelbed. Hierdie 2 slaapkamers kan gebruik maak van die hoofbadkamer met 'n hoekbad en 'n stort. Daar is 'n ekstra gastetoilet. Die ruim en pragtige kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, koffie masjien, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, sowel as 'n toonbank met sitplek vir 4. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is beskikbaar. Langs die kombuis is daar 'n sitarea met gemaklike rusbanke, 'n platskerm-TV met DStv en 'n Bluetooth-klankbalk. Gratis WiFi is beskikbaar. Gaste kan hul maaltye in die eetarea by die etenstafel met sitplek vir 10 geniet. Dié eetarea lei na 'n ander knus sitkamer met 'n lieflike kaggel. Die huis spog met braaigeriewe binne en buite, en genoeg sitplek vir almal by die vuur. Die huis is geinstalleer met 'n inverter en battery ingeval van enige load shedding.
Before you reserve