
Hosted by Juanita Meyer
Apartment
Sunset @ Beach Club is op Diaz-strand en bied 'n 180-grade-uitsig oor die swembad en grasperk vanaf die stoep. Dit is 50 m van die strand af met 'n privaat ingang. Hierdie luukse selfsorgwoonstel is geskik vir 6 gaste, en daar is 'n slaapbank vir 'n ekstra 2 gaste. Die woonstel word via 'n hysbak bereik en is op die eerste verdieping geleë. Dit het 2 hoofslaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en -sitkamer, sowel as 'n stoep. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die badkamer is toegerus met 'n stort, bad, wasbak en toilet. Daar is 2 ekstra slaapbanke vir kinders in die sitkamer. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n ysmasjien, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Daar is ook 'n Nespresso-koffiemasjien. Gaste kan in die sitkamer voor die slim-TV met 'n mediaboks ontspan. WiFi is beskikbaar. Die leefarea het 'n balkon met gasbraaigeriewe, asook 'n uitsig oor die swembad en see. Parkering is beskikbaar binne 'n veilige kompleks. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en kroeg, en gaste kan die gimnasium teen 'n ekstra koste gebruik. SunSet Beach Club Beachfront is 100 m van Diaz Waterpark en verskeie restaurante af. Mosselbaai bied talle aktiwiteite soos visvang, branderplankry, sonsondergangvaarte, bergfietsry en stap.
Please bring your own towels Regrettably, pets can not be accommodated No smoking is permitted inside the accommodation No visitors are allowed Strictly no Matric Rage or student bookings are accepted No parties or events are allowed Linen is provided There is also a cleaning service available daily at an additional charge Guests should enquire about this when booking
Before you reserve